Regters “onregmatig” op die Bank.

 

Dertien waarnemende regters het byna twee weke lank “onregmatig” op die regbanke van die hooggeregshowe in  Pretoria en Johannesburg gedien omdat Jeff Radebe, die Minister van Justisie, nie hulle aanstellings bekragtig het nie.

 

Hoewel die 13 regters, wat vantevore meestal streek- en seniorlanddroste was, se regswerk in dié twee weke van geen waarde was nie, is die situasie Vrydag deur Radebe beredder deur die aanstelling van die regters terugwerkend na 22 Julie te maak. Die datum waarop die huidige termyn begin het.

 

‘n Toutrekkery tussen Radebe en Dunston Mlambo oor die nodigheid van meer regters word as een rede vir die debakel gegee. ‘n Ander is dat Mlambo, regter-president van Pretoria en Johannesburg die versoek vir die aanstellings te laat aan Radebe gestuur het.

 

Die 13 waarnemende regters kan nou wettig met hulle werk voortgaan to 16 Augustus of 20 September.

 Foto – Jeff Radebe