Regering wou roeisport kniehalter

Net ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede wat Suid-Afrika ‘n goue medalje vir roei tydens die Olimpiese Spele in Londen ontvang het, dreig ontwikkelingsplanne van die Sentraal-Transvaalse Regering om Suid-Afrika se hoop op verdere Olimpiese medaljes in roei te kelder.

 

In kennisgewings wat Roei Suid-Afrika en die Akademie vir Kano-ontwikkeling ontvang het, word hulle gesê om die persele wat hulle by die Roodeplaatdam buite Pretoria gebruik, teen die einde van die maand te ontruim.

 

Roodeplaat is sedert 1973 die roeituiste van SA en die dam is die enigste permanente roeibaan van internasionale standaard. Dit is die tuiste en oefenplek van die nasionale groep wat talle medaljes, o.m. verlede jaar se Olimpiese goue wat deur James Thompson, Matthee Brittain, John Smith en Sizwe Ndlovu gewen is.

 

Hoewel roeiliggame al meer as R2 miljoen daar belê het en daar geen ander geskikte plek is waar hulle kan skuif nie, het die Departement ingevolge die maand-tot-maand-ooreenkoms wat nog al die jare in plek is, hulle kennis gegee om die persele aan die einde van die maand te ontruim.

 

Etlike dae later moes die die Departement se amptenare met rooi gesigte erken dat daar ’n fout begaan is en dat die ooreenkoms steeds van krag is.