Regering bevoordeel seker boere

’n Vernietigende veldbrand in die Oos-Kaap het ook die plaas van Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, geruïneer.

Boere van dié provinsie moes verskeie kere hoor dat daar nie geld is vir noodleniging en ramp-hulp aan hulle nie. Die boere aangrensend tot die sekretaris-generaal se grond in die Elliot distrik, het egter binne twee dae noodhulp van die regering gekry in die vorm van voer wat verskaf is.

In die Langkloof gebied wag boere al jare vir die beloofde hulp van die regering.