Rand val hom byna vrek

 

Die Rand het om 8.00 vm op 22 Augustus tot ’n allerlaagste vlak geval teen die Amerikaanse dollar en het die swakste vertoon vir die afgelope vier jaar.

 

Die stakings in die goudmyn bedryf rig groot skade aan in die Suid-Afrikaanse ekonomie en ekonome het hulle kommer uitgespreek oor die onverwagse wending in die goudmynbedryf.

Na raming het stakings reeds ’n verlies van sowat R650 miljoen per dag veroorsaak te midde van die 30,000 werkers wat nou ook in die motor bedryf van die land staak.

 

Michael Pettis, ’n Amerikaanse ekonoom meen die swakker Rand kan werkloosheid teenwerk.