R44 miljoen vir webwerf.

Die Vrystaatse Provinsiale Regering het vanjaar reeds R44 miljoen aan ‘n nuwe webwerf bestee.

 

Kenners is dit eens dat die mees ingewikkelde webwerf se koste nie meer as ‘n paar honderdduisend rand is nie.

Sedert 2011 toe die kontrak gesluit is, is nagenoeg R70 miljoen daarop uitgegee. Die kontrak vir die webwerf strek oor ‘n periode van drie jaar en is in 2011 met Tumi Ntesele, ‘n sakeman gesluit.

 

Na bewering bepaal die kontrakte dat die kontrak in totaal R119,6 miljoen werd is.