PPI styg

Die Produksie Prys Indeks het in Julie 2013 toegeneem tot 6.6% op ‘n jaar-tot-jaar basis, teenoor die 5.9% in Junie.

 

Die styging in Julie vir ‘n maand-op-maand basis was 0.7% teenoor Junie se 0.8%. Ekonome het verwag dat die PPI –jaarsyfer vir Julie op 6.3% sou staan en die 6.6% het daardie verwagting negatief oorskry.

Net soos die hoë styging in verbruikersprysinflasie (VPI) is PPI ook negatief beïnvloed deur die onlangse skerp kostestygings in geadministreerde dienste soos elektrisiteit, water en brandstof.