Polisiëring nie op standaard

Die polisie se BBP-beveiligingseenheid het in die afgelope boekjaar meer as 20% van die polisie se totale jaarlikse begroting ontvang om ’n klein aantal BBP te beskerm.

 

Dit is gevind deur die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) en is tydens ’n konferensie oor misdaad en misdaadvoorkoming bekend gemaak.

Die verslag dui daarop dat die polisie se begroting van R68 miljard, is opgedeel sodat die BBP-beveiligingseenheid bykans 23 % gekry het.

 

Dié eenheid se taak is die beveiliging van “baie belangrike persone” (BBP’s) en wissel van die land se president  tot by provinsiale LUR’e.

Volgens die verslag het die Suid-Afrikaanse Polisiediens die afgelope dekade met 51% gegroei. Sowat 67, 000 addisionele poste is geskep na sowat 160, 000  in totaal

 

Te midde hiervan het misdaad verhoog in die land, en dit dui daarop dat meer polisie nie die enigste middel is om misdaad hok te slaan nie. Goed opgeleide polisiebeamptes is die eerste vereiste wat nagekom moet word.

 

Waarnemers meen dat die massiewe getal polisiebeamptes wat steeds diens doen te midde van ’n ernstige misdaad rekord, bewys lewer van swak keuring en uiters bedenklike opleiding en dissipline.