Polisielid steel maskara

 

Luitenant-kolonel Kenaleone Motloung (36), is betrap dat sy maskara gesteel het in ’n winkel en is nou op borgtog van R500 vrygelaat.

 

Sy het blykbaar twee houers maskara gesteel en staar nou ’n diefstalsaak in die gesig.

Sy is nie geskors as beampte nie, maar ’n interne ondersoek word gedoen.

 

Motloung het die twee houers maskara ter waarde van sowat R120 in ’n Clicks winkel gegaps. Die twee houers is in ’n inkopiesak gevind en sy kon geen bewys van betaling vir die twee houers toon nie.