Polisiebeamptes is gouddiewe

Vier swartmans, waarvan twee polisiebeamptes is, het boeie om die polse gekry weens die onwettige besit van goudstof wat in ’n  woonhuis gevind is van een polisiebeampte.

 

’n Vrystaatse polisiewoordvoerder sê die mans is, deur die optrede van die eenheid teen georganiseerde misdaad, vasgetrek en die toerusting wat gebruik is in die smeltings proses, is gekonfiskeer.

 

Die polisiebeamptes, een ’n konstabel en die ander ’n reservis-konstabel, is van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid in Thabong en die ander twee skuldiges is twee broers.

 

Die waarde van die goudstof kon nie dadelik bepaal word nie.