Polisie Universiteit?

 

Onbeantwoorde vrae oor ‘n polisie-universiteit wat aanstaande jaar sy deure in die Paarl oopmaak, het LP’s gister warm onder die kraag gehad.

 

‘n Afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie verlaat met ‘n lys besonderhede wat teen volgende week aan die komitee gelewer moet word.

 

Die vernaamste vrae gaan oor koste en keuring van die studente.

 

Die doelwit van die universiteit is om heeltydse tersiêre en internasionale bestuurs- en leiersprogramme aan bestaande polisielede te bied. Studente wat self vir hulle studies moet betaal. sal ondermeer ‘n BA-graad in polisiepraktyk kan studeer.

 

‘n Memorandum van verstandhouding word binnekort met Unisa onderteken. Lt.genl. Nobubele Mbekela, afdelingshoof van menslike hulpbronontwikkeling, het verduidelik dat die eerste groep van 120 studente reeds aanstaande jaar sal registreer.