Polisie steel vermoorde se geld

 

’n Burger van Bangladesjiese wat by Soutpan in die Vrystaat vermoor is, se geld is deur

twee polisiemanne gesteel.

 

’n Kind wat toevallig in die veld was, het op van die geroofde geld wat in die veld verloor is, afgekom, het die Vrystaatse hooggeregshof gehoor.

 

So het adv. Francois Pienaar in sy betoog ter strafverswaring vertel dat ’n kind die volgende dag in die veld op R4, 000 kontant afgekom het wat een van die moordenaars van Sahohidul Islam ná die moord en rooftog op 15 Junie verlede jaar daar verloor het.

 

Die kind se ouers het die polisie laat kom. Net R600 is in die boeke van die polisie opgeteken. Die polisiemanne het blykbaar die res gevat.

 

“Hulle sal ook vervolg word”, het adv. Pienaar gesê.

“Een is reeds ná ’n dissiplinêre verhoor ontslaan en die dissiplinêre optrede teen die ander een is nog nie afgehandel nie”, sê hy.

 

Islam is doodgesteek maar ook vooraf gemartel, waarskynlik met die bedoeling om nog geld uit die slagoffer te kry.