Petrol prys styg steeds

Die petrolprys styg op Woensdag, 7 Augustus, met 32c per liter op alle grade. Diesel met 0.05 en 0.005 swael-inhoud verhoog beide met 32,96 per liter. Parafien verhoog met 25c per liter en vloeibare petroleumgas met 22c per liter.

 

Die maandelikse vasstelling van die brandstofpryse word deur die Sentrale Energiefonds geadministreer en die prysberekening word gedoen met inagneming van die rand se wisselkoers, die ru-olieprys en die verskillende staatsheffings op brandstof.