Padongelukfonds moet betaal

Regter Corné van Zyl het in sy uitspraak gese die Padongelukkefonds (POF) moet maar die eis van R8,2 miljoen betaal aan ’n voormalige omroeper wat breinbeserings opgedoen het weens ’n ongeluk in Bloemfontein.

 

Regter van Zyl het ook gelas dat die POF die regskoste van Irene Fischer (30) moet betaal.

Die POF moes ook onderneem om alle toekomstige mediese uitgawes rakende die pasiënt se gesondheid in verband met die ongeluk, te betaal.

Die blywende breinskade wat sy opgedoen het is sodanig dat sy nie meer self al haar belange kan behartig nie. Sy was vir maande in die intensiewe eenheid van die hospitaal.

Sy was die oggend op pad werk toe. ’n Vragmotorbestuurder het ’n rooi verkeerslig verontagsaam by ’n kruising van Mandelarylaan en Jan Spiesrylaan, en ’n ongeluk met haar veroorsaak.

Haar verlies aan inkomste word op meer as R5 miljoen gestel en haar mediese uitgawes het reeds meer as R1,5 miljoen beloop.