Pa verdrink tydens reddingspoging

Mnr Juan Bezuidenhout (35) van Hazyview, het op tragiese wyse verdrink by die immer gewilde Bilene-oord in Mosambiek.

Die Bezuidenhout familie was met vakansie en hulle het met ’n boot uitgevaar op die meer, met ’n binneband wat gesleep is, waarop die driejarige seun, Ethan, gesit het.

Ethan het van die binneband afgeval en pa Juan het in die water gespring om sy seun te help. Hy het skielik onder die water verdwyn en verdrink. Sy lewelose liggaam is enkele ure later gevind.

 

Klein Ethan het egter self weer terug geklim in die boot.

Foto – Egpaar Bezuidenhout