Oos-Vrystaat Koöperasie verloor senior amptenaar

Mnr. Lindsay Dames (52), ’n bedryfsbestuurder van OVK op Ladybrand is in ’n motorongeluk dood toe die bakkie waarmee hy gery het, 15 km buite Fouriesburg in die Vrystaat, omgeslaan het.

 

Mnr. Dames was oppad huis toe op Ficksburg na hy ’n vergadering bygewoon het op Fouriesburg.

 

Hy is op die toneel dood.

 

Lindsay, oorspronklik van Cradock in die Oos-Kaap, het 36 jaar lank by die landboumaatskappy gewerk.

 

Hy word deur sy vrou en twee kinders oorleef.