O weë, Ef Wee

Lanklaas het iemand die intelligensie van die volk so onderskat as wat Pienkfrikwillem de Klerk dit nou weer gedoen het. Die man is blykbaar diep geskok en teleurgesteld oor die uiters onverwagse optrede van die ANC met regstellende aksie. O, weë, Ef Wee. In sy nuwe boek huil hy so hard hieroor dat die trane teen Flip Buys se rug afloop, want toe hulle onderhandel het, het hulle nie bedoel dat regstellende aksie só toegepas moet word nie!

Die mense om die onderhandelingstafel het dan so opreg gelyk! As jy al die grensoorloë, die Groot trek, Vegkop, Bloukrans, Moordspruit, die Retief onderhandelinge, die verraad tydens die vryheidsoorloë, die ANCgeskiedenis met landmyne, bomme, moorde en rooftogte ens., ens., ens. verbykyk is daar eintlik geen rede om nie hierdie manne te vertrou nie!

Wat het julle gedink Frikkie!? Het die vlekkelose geskiedenis van die ANC jou oortuig dat hulle sal regeer op grondslag van eerlikheid, meriete en billikheid? En nou dat hulle handel met rassisme, nepotisme, bedrog en vigsstortisme, is dit vir jou die grootste skok sedert jy uitgevind het die Muppets is handpoppe!

Ek is bereid om te aanvaar dat jy dit nie gesien kom het nie, solank jy erken dat dit ‘n bewys is dat jou Ik nooit jou skoengrootte verbygesteek het nie! Jy vind dit seker dan uiters geloofwaardig as Malema sê dat hy Boere gaan oortuig om hulle grond weg te gee. Oortuig? Oortuit is dalk ‘n meer realistiese gevolg van so versoek.

Mal-emma moet maar begin by Frikkie en Flippie se gronde, hulle word blykbaar maklik oortuig as die ANC vir Frikkie kon oortuig dat hulle ‘n Pro-blanke drukgroep is, en Frikkie vir Flippie kon oortuig dat hy hulle geglo het en nou baie spyt is!

Wie is nou eitlik die grootste aap in die land!?

Tot volgende slag

Die S-weë-p