Nylstroom nou bloedstroom

‘n Ernstige gesondheidsgevaar is aan die opbou in Nylstroom met bloed vanaf ’n slagpale wat afstroom in die Nylrivier.

 

Mnr. Johan Botha, ’n boer in die distrik sê inwoners en boere is raadop met die gevaarlike toedrag van sake.

 

Dit is ’n skokkende gesig om te aanskou, die reuk is onhoudbaar en die gesondheidsrisiko uiters hoog.

 

Die slagpale wat verantwoordelik is vir die gemors, is naby Warmbad en die besoedeling veroorsaak dat die water rooi is van die bloed.

 

Klagtes is gelê maar niks gebeur nie. Die Munisipaliteit aanvaar blykbaar nie verantwoordelikheid nie, want dit is glo “buite hul jurisdiksie gebied”.

 

Ene Pat Malete van die Waterberg-distriksmunisipaliteit, het gesê hy is onbewus van enige probleem maar sal ondersoek instel.

Foto – Kranskop buite Nylstroom