Nuwe radiostasie vir Afrikaanses?

Indien hierdie Beeld-voorblad (aangeheg) regtig is – dan is dit uiters ironies én tragies. ‘n Streep word hierdeur getrek deur die hele “Boikot Naspers”-aksie op die sosiale media wat ontstaan het weens die aanval op Steve Hofmeyr se statistiek in sy “my stam word soos vlieë uitgemoor” (vertaalde titel  van “My tribe is dying like flies”.

“Hofmeyr het GrootFM  90.5 help open toe dit onlangs Transvaal toe geskuif het en ‘n sogenaamde “gratis Beeld” wens die stasie geluk met sy nuwe weivelde op grond van Afrikaans en Christenskap.

 

 Die eerste reaksie van mense op die verhuising van GrootFM 90.5 na Transvaal  is dat dit soortgelyk is aan die skuif van jare gelede toe die liberale media van die Kaap na Transvaal verhuis het.

 

Indertyd het dr. HF Verwoerd gesê Dagbreek Pers moet in die Transvaal wees en Nasionale Pers in die Kaap, anders sou dit lei tot die verdeling van die Afrikanervolk en die vernietiging van die Nasionale Party. Die uiteindelike skuif van Nasionale Pers se media na Transvaal het gelei tot die politieke liberalisering van die Afrikanervolk sodat die Nasionale Party onder leiding van FW de Klerk se oorname sonder slag of stoot kon plaasvind.

 

GrootFM 90.5 maak aanspraak daarop dat dit Afrikaans en Christelik is. As gemeenskapsradio vervang dit Radio Rippel en sal waarskynlik geskoei wees op die uitgangspunt van kultuur en godsdiens.

 

Radio Pretoria probeer egter om hierdie nismark te bedien aangesien dit Afrikaans en Christelik is.

 

Waarom dan die skuif en is daar ‘n behoefte aan nóg so ‘n stasie? As in aanmerking geneem word dat Bosveld Sterio ook probeer om die volk te bedien, dan is die liberale GrootFM 90.5 se toetrede tot Transvaal vreemd, veral as dit soos die geval ook is, deur Maroela Media (‘n stalgenoot van Solidariteit) in berigvorm gedra word.

 

Die oorname van Radio Pretoria deur Solidariteit is alombekend, maar behoudende luisteraars rem dalk die finale en totale “liberalisering” van die radiostasie. 

 

Hardus Zevenster, Uitvoerende hoof van Multi Media Solutions (onder wie se beheer GrootFM 90.5 staan), is aangehaal dat die stasie gaan terugploeg in die gemeenskap deur verskeie projekte.

 

Dit word bestuur met Christelike waardes en is trots Afrikaans. “Hoekom Afrikaans? Want ek is ʼn gebore Afrikaner, die Here het dit so gewil, en ek glo die Afrikaner het nog ʼn reuse rol om te speel in die toekoms van hierdie land,” het hy verder gesê. 

 

Dit klink belowend en talle behoudende volksgenote gaan in die nuwe slagyster trap.

 

Taal en godsdiens is helaas nie die enigste kwalifiserende maatstawwe van volksidentiteit nie, en sal Afrikaanses ook nooit Afrikaners kan wees nie.

 

Indien bemarking, sirkulasiesyfers en geld die oorwegende rol speel, soos in die geval van Nasionale Pers (oftewel, Naspers cum Media24) en ander stalgenote dan is die Afrikaanses in die visier