Nuwe eenheid sal ongerymdhede ondersoek.

‘n Gespesialiseerde eenheid wat ongerymdhede met behuisingsprojekte sal ondersoek, gaan deur die ANC in die Vrystaat gestig word.

 

William Bulwane, Vrystaatse ANC-sekretaris, het op ‘n perskonferensie gesê dié party het al baie vermag in sy strewe om mense se lewe in die provinsie te verbeter. Hoewel hy meen dat daar plek vir verbetering is, moet die ANC se suksesse ook uitgewys word.

 

Een van die suksesse is dat daar stadig vordering op die gebied van aktiewe burgerskap en sosiale kohesie gemaak word. Uitreikprogramme na alle gemeenskappe in die provinsie vorder ook goed en groter interaksie tussen die regering en boeregemeenskap moet nou plaasvind.

Die stigting van die spesiale eenheid wat ongerymdhede in behuisingsprojekte moet ondersoek, sal binnekort aandag kry.

 Foto – William Bulwane