Nuusflitse

·                     Ongemagtigde en onreëlmatige besteding van bykans R850 miljoen is in die boekjaar deur munisipaliteite in die Noord-Kaap aangegaan. Daarby het 14 munisipaliteite vrugtelose uitgawes van sowat R4 miljoen aangegaan.

·                     Zwelinzima Vavi is as hoofsekretaris van Cosatu geskors en gaan daarvan aangekla word dat hy die vakbond-federasie se naam oneer aangedoen het.

·                     Die vermoorde senior polisie-offisier genl. maj. Tirhani Maswanganyi was ’n gereelde kliënt van ’n prostituut, het die Pretoria-Noord-landdroshof gehoor.

·                     ’n Blanke vrou van Dan Pienaar in Bloemfontein wat daarvan aangekla word dat sy haar eie minderjarige seun tien jaar lank eers onsedelik aangerand en daarna verkrag het, gaan waarskynlik op van die aanklagte teen haar skuld beken.

·                     Minstens 50, 000 mense word geraak deur die swaar reën wat in die Kaapse Skiereiland voorkom. Minstens 11, 000 huishoudings, hoofsaaklik anderskleuriges op die Kaapse Vlakte, is weer onder water omdat die plakkers steeds in laagliggende gebiede saamdrom.

·                     ‘n Jong 13-jarige seun is in ‘n kritieke toestand en nog 58 mense is beseer ná ‘n ontploffing by ‘n vuurwerke-fees in Japan.

·                     Verkeer is erg ontwrig en kantoorwerkers het gehardloop om skuiling te kry nadat ‘n kragtige aardbewing verlede Vrydag die sentrale gebied van Nieu-Seeland geskud het.

·                     ’n Vrou is Vrydag in ’n fratsongeluk in Roodepoort in die weste van Johannesburg dood toe ’n boom wat beskadig is weens ’n veldbrand, op haar motor geval en haar in die voertuig vasgekeer het.

·                     Die Kiani Satu is besig om te sink en gaan sonder enige twyfel sy laaste rusplek op die seebodem vind. Die skip het blykbaar vinnig agteruitgegaan nadat baie water ingevloei het.

·                     ‘n Vrou is doodgeskiet nadat sy by ‘n verkeerslig in Bishop Lavis, Kaapstad, stilgehou het.

·                     Vier swartes, onder wie twee tieners, is dood en ’n vyfde gewond nadat hulle in ’n motor geskiet is. Die verdagte het glo ’n rusie met ’n passasier gehad en hom doodgeskiet. Daarna het hy op nog drie passasiers losgebrand.

·                     Bykans al die watermeters in 22ste Straat, Menlopark, Pretoria, is in die afgelope maand gesteel. Daar is 23 huise in die straat en net twee het nog hul watermeters.