Nog nie reëntyd nie

Die son steek sy kop vroeër uit, die voëltjies maak jou vroeg wakker, die eerste blomme spog in die tuin, sekere boomsoorte wil al bot, maar die reëntyd het nog nie aangebreek nie.

 

Die hele binneland, Transvaal, Vrystaat, Oos- en Noord-Kaap asook dele van Natal, hunker na ’n nattigheid, maar die reëntyd is nog nie hier nie.

Dit is die voorspelling van weerkundiges.

Groot gebiede het einde Maart hul laaste reën gekry, en dit was ook maar kol-kol. Algemene reën was skaars.

Voorlopige voorspellings dui daarop dat die reën eers later in September sal kom, en dan ook net in bepaalde dele van die land.