Nog ‘n volksmoord slagoffer

Die afgetrede kol. Gerrit Myburgh (78) van Heidelberg is verlede Sondag in sy woonhuis op sy kleinhoewe vermoor, vermoedelik deur ’n tuinwerker

 

Elna Pieterse (19), ’n kleindogter van die oorledene, sou vir hom gaan kuier het.

 

Met haar aankoms op die kleinhoewe, was dit vir haar vreemd dat die hek, die motorhuis se deur en die huis se voordeur oop staan.

 

Sy het besef daar is iewers fout. Toe sy by die agterdeur ingaan, en na sy kamer, het sy op hom afgekom waar hy in ’n plas bloed gelê het.

 

Die jong dame is erg getraumatiseer deur die voorval. Sy het in die afgelope paar jaar ’n hele aantal familielede aan die dood afgestaan en hierdie voorval het haar erg geskok gelaat.