Nog ‘n skip sink

‘n Vragskip het naby die Richardsbaai-hawe gestrand weens enjinprobleme.

 

Die hawemeester van die Transnet- Nasionale Hawe-owerheid (TNPA), het gesê die Smart, wat 147, 650 ton steenkool vervoer, het buite die ingangskanaal van die hawe gestrand.

 

Hy het gesê die skip was 10:00 klaar gelaai by die Richardsbaai-steenkoolterminaal.

Volgens ’n verklaring het die skip enjinprobleme gekry toe dit die hawe verlaat het.

 

Die skip, wat onder ’n Panamese vlag vaar, het glo in twee stukke gebreek en was heel gou reeds gedeeltelik onder water.

 

Die 23 bemanningslede is met ’n helikopter van die skip opgepik.