Nog ‘n kragstasie gaan kom

Die regering gaan onmiddellik begin met planne om ‘n derde makro-steenkoolkragstasie te bou om kragvoorsiening vir die toekoms te verseker, sê dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid.

 

Volgens hom het hulle nog nooit gesê dat hulle klaar is met steenkool nie. "Ongelukkig is ons nie in ‘n ideale wêreld waar Suid-Afrika afstand van steenkool kan doen nie," het hy gesê.

 Nuwe steenkoolkragstasies is baie meer omgewingsvriendelik as die oues. Daar sal nog aandag gegee word aan die finansiering van die nuwe kragstasie.

 

Eskom is ook besig met twee nuwe steenkoolkragstasies in Ellisras en Witbank. Albei behoort teen 2018 voltooi te wees.