Nog klagtes teen Oscar

Oscar Pistorius wat vandag weer in die hof moet verskyn in verband mt die skietdood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, staar twee bykomende klagtes in die gesig.

Na bewering is twee klagtes van roekelose afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek tot die klagstaat bygevoeg.

 

Een van die voorvalle het glo by Tashas-restaurant in Melrose Arch plaasgevind en die ander toe Pistorius saam met sy vriend Darren Fresco en voormalige meisie Samantha Taylor in ‘n motor deur die metropolisie afgetrek is.

Dit is ook bekend gemaak dat ‘n vorige meisie van Pistorius as staatsgetuie sal optree