Negejarige is SA Motorboot-kampioen

 

Waldo Potgieter (9), van Meyersdal in Alberton, is op sy jeugdige ouderdom die land se motorboot-kampioen in die junior afdeling.

 

Dié knapie het al sedert sy sesde verjaarsdag pa Herman se motorboot bestuur.

Waldo skrik nie vir water nie, hou van spoed en spog dat hy selfs vinniger as sy pa met die 15 pk Yamaha-boot oor die water kan vlieg.

 

Die beplanning is om hom later die jaar na Europa te neem om daar teen die bestes van die wereld te kompeteer.