Nasionale park in VSA bedreig

’n Geweldige groot veldbrand wat die Yosemite-Nasionale Park bedreig, is aan die nader beweeg te midde van die duisende brandbestryders se poging om te verhoed dat die gewilde park vernietig word.

Die brand veroorsaak dat as besig is om op die oppervlak van ‘n waterreservoir neerslaan en derhalwe San Francisco in Kalifornië se watergehalte kan beïnvloed.

Die veldbrand wat bekend staan as die “Rim Fire” is blykbaar een van die hewigste gevalle wat in dié staat aangeteken is en duur reeds twee weke en strek oor ’n oppervlakte van 750 vierkante kilometer.

Altesame 3 700 brandbestryders spook om die brand te blus.

Foto – Deel van Yosemite-Nasionale Park