Namibië nou ook soos Suid-Afrika

Namibië het, net soos Suid-Afrika, sy argwaan teen Westerse name openbaar toe die regering besluit het om weg te doen met Duitse benaminge.

 

Die Caprivi-strook is hernoem tot Zambesi-streek in ’n poging om die Duitse geskiedenis van die land uit te vee.

 

Die gebied word glo hernoem na aanleiding van die Zambesi rivier wat die noordelike grens met Angola vorm.

 

Na verwagting sal daar nog ’n aansienlike aantal Duitse name vervang word in die nabye toekoms.

 

Die Caprivi-gebied is vernoem na Graaf Leo von Caprivi, Duitsland se kanselier van die jare 1890 tot 1894.

 

Namibië was ’n Duitse kolonie sedert 1884 tot 1919. Daarna was dit onder administratiewe beheer van Suid-Afrika tot en met 1990.

Foto- Graaf Leo von Caprivi