‘n R3 miljoen hamburger?

As ’n tipiese Amerikaanse hamburger jou byna R3 miljoen uit die sak gaan jaag, dan moet daar bepaald iets in wees wat nuut en vars is!

Maar hierdie verhaal is ietwat anders. Die Navorsingspan het sowat R2,9 miljoen spandeer om met stamselle van beeste, ’n “patty” geproduseer met die doel om die toekomstige voedsel tekorte aan te vul.

Twee smaaktoetsers wat vrywillig saamgewerk het, hoop dat die “deurbraak” kan help om voedsel tekorte weens klimaatsveranderings en water besoedeling,
aan te vul uit laboratoriums wat die proses aanwend om voedsel te kweek.

Prof. Mark Post, en sy span navorsers het uiteindelik na ’n tyd van meer as vyf jaar aan die Universiteit van Maastricht in Nederland met die produk na vore gekom.

Die vleis is gemaak van die spierselle van twee organiese koeie. Die gevolglike patty is met sout, eierpoeier, broodkrummels en saffraan gegeur.

Wetenskaplikes voorspel dat die wêreldwye vleisverbruik teen 2050 sal verdubbel.

Peta, ’n diereregte-organisasie het sy steun aan dié projek toegesê.