‘n Grootse voorreg!


Kyk, seuns is ’n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. – Ps. 127:3

As iemand jou een van die grootste geskenke gee wat jy in jou lewe ontvang het, sal jy daardie persoon sommer uit jou lewe laat verdwyn? Een van die grootste seëninge is sekerlik om kinders te kry. Hoe kan ons dan vergeet om daardie kind op te voed om te leef tot eer van die God wat Hom die lewe geskenk het? Die vrug van die moederskoot is nie my prestasie nie, nie eers my eiendom nie, maar die Here s’n. Dank die Here vir die gawe waarmee Hy jou toevertrou!