Mynbou kan groeteproduksie vernietig

Waterpoort, noord van die Soutpansberg in Noord-Transvaal, se landbouers is sterk gekant teen die beoogde mynbou in die gebied, waar meer as 60% van Suid-Afrika se wintergroente geproduseer word.

 

Dit is die siening van die Waterpoort Mynkomitee (WMK) soos in ’n brief aan Coal of Africa (CoAL) se verteenwoordigers geskryf is.

CoAL het aangekondig dat dié mynhuis gaan aansoek doen by die Departement van Minerale Hulpbronne om mynregte in die Waterpoort omgewing te bekom.

 

Besoedeling van die beperkte hoeveelheid water, gaan groente verbouing ’n nekslag toedien.

Die droë Sandrivier word die afgelope 100 jaar deur die boere bestuur en die gemeenskap is uiters bekommerd oor die uitwerking wat mynboubedrywighede inhou.

 

Die komitee het ook daarop gewys dat lugbesoedeling soos deur mynbou noodwendig sal plaasvind, gaan die gehalte van landbou produkte verder skaad.