Muskiete se dae getel

Malaria sterftes kan dalk dramaties daal as die nuwe Kite-plakker sy werk doen soos wat verwag word.

 

Die plakker wat op ’n mens se klere geplak word, is so groot soos ’n gewone vuurhoutjie dosie. Die plakker maak jou blykbaar “onsigbaar” vir malaria muskiete omdat ’n chemise stof deurlopend afgeskei word. Die afskeiding veroorsaak dat die reuk van die mens oorheers word vir muskiete en hulle gevolglik nie bewus is van die mens nie.

 

Die uitvindsel gaan eersdaags in die noordelike dele van Afrika getoets word waaar malaria jaarliks duisende mense se lewens eis.

Die plakkers kan ook help om ander siektes wat deur muskiete versprei word, te verminder.

Alle muskietspesies gebruik dieselfde metode om velreuk en koolstofdioksied na te speur, en die besondere plakker sal effektiewe beskerming teen enige muskiet bied.

 

Die produk is in die VSA ontwikkel maar dit is nog onbekend wat die prys daarvan sal wees.