Munisipale dienste word onbekostigbaar.

‘n Finansiële verslag van die Suid-Afrikaanse Stedelike Netwerk (SACN) waarsku dat munisipale dienste onbekostigbaar gaan word.

 

Verbruikers in metrogebiede het die laaste paar jaar gebuk gegaan onder munisipale tariewe wat die hoogte ingeskiet het. Die gemiddelde styging uit elektrisiteit verkope was gemiddeld 10% oor die hele land.

 

Johannesburgers betaal sedert 2008 139% meer vir elektrisiteit. In Kaapstad en Pretoria is die styging 108% en 105% onderskeidelik. Intussen moes verbruikers ook duur betaal vir munisipale amptenare se salarisse.

 

Adv. Werner Zybrands, ‘n kenner van munisipale wetgewing en administrasie het gesê die grootste druk op verbruikers is te wyte aan die stygende elektrisiteitstariewe, maar dat die meeste munisipaliteite aandadig is aan swak finansiële prestasie.

 

Hy sê enige versoek om meer geld van die nasionale regering te kry klink na net nog ‘n geleentheid vir meer oorsese reise, duur onthale en hoë salarisse vir ondoeltreffende amptenare.