Mugabe is nie toiletpapier nie

Takura Mufumisi (26), ‘n stemgeregtigde Zimbabwiër word daarvan aangekla dat hy ‘n verkiesingsplakkaat van pres. Robert Mugabe iewers van ’n paal of muur verwyder het en dit as toiletpapier gebruik het.

Mufumisi wat in die Masvingo-gebied woon het glo die plakkaat, waarop Mugabe se gesig is, saam met hom na ‘n toilet in ‘n kroeg geneem.

Pres/ Mugabe se "Informant" het Masvingo se optrede gesien en hom in hegtenis geneem.

Hy word aangekla dat hy die Verkiesingswet oortree het omdat plakkate nie deur ongemagtigde burgers verwyder mag word nie.