Motorhandelaar word besteel

Hy kry ’n liederlike bevel om op die grond te lê, word met ’n pistool teen die kop gekap, en moet sien hoe ses swartes met sy vier voertuie wegry, om hom en sy personeel vasgebind agter te laat.

 

Dit is wat met mnr. Johan Hartzenberg (43) gebeur het by sy sakeonderneming in Hans Strydom Laan, Pretoria.

 

Die vorige dag het skurke ’n Mercedes by hom gesteel. Dit was die eerste keer dat so iets by sy onderneming gebeur. Hy sê sy skade beloop nou bykans R2 miljoen.

 

“Ek het van die mans gesien wat vroeër hier was. Ek het gedink hulle wou die voertuig waarna hulle gekyk het, kom koop, toe steel hulle sommer vier gelyktydig.”

 

Hy was vasgebind met sy skoenveters, maar dit was nie goed gedoen nie en hy kon homself, en later sy personeel, los maak.

 

Die ses swartes het gevlug in ’n blou Mercedes-Benz,’n silwer Hilux-bakkie, ’n swart

BMW 3 reeks en ’n wit Audi A4.

 

Polisie kapt. Colette Weilbach, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.