Motor rubriek – Renault Fluence

 

 Renault motors is ’n bekende gesig op ons land se paaie en  wanneer daar terug gedink word aan die jare 60 aan byvoorbeeld die Gordini, die R8 ensovoorts, dan was die terugkeer van Renault na ons land ’n aantal jare gelede, met groot waardering verwelkom.

 

Renault was nog altyd op die voorpunt wanneer dit kom by die gebruik van die nuutste tegnologie en die Renault Fluence is nie ’n uitsondering op die reël nie. Die 2,0 liter model wat onder die loep geneem word, het ’n uitsonderlike breë vlak toerusting wat geïnstalleer is om ’n motorrit ten volle te geniet. Dit sluit in die volgende. Ligte wat outomaties aanskakel, windskermveërs wat outomaties aanskakel, leerbekleedsel, sleutellose toegang en aanskakel, klimaat beheer, elektriese vensters, Tom Tom navigasie stelsel en nog talle ander veiligheidstoerusting soos lugsakke, skyfremme ens. Die instrumentpaneel is op ’n skuinshoek geplaas wat dit bietjie moeilik maak om te lees wanneer die bestuurder ’n sonbril gebruik, maar dit kan ook oorkom word.

 

Wat padhouvermoë aanbetref is daar min kritiek te lewer. Renault was nog altyd bekend daarvoor dat die padhouvermoë van hoogstaande gehalte is. Wanneer versnel word om by ander voertuie verby te gaan is dit slegs nodig om die versneller teen die vloer te druk en die nodige versnelling vind plaas. Indien nodig kan die 6 spoed handratkas gebruik word en wanneer daar terug geskakel word na 5de rat is die reaksie nog vinniger.

 

Die huidige aankoop prys is R254,900 en daarvoor ontvang u ’n voertuig met ’n brandstofverbruik van 7,2L/100km, wringkrag van [email protected] o.p.m. en kraglewering van [email protected] o.p.m. Versnelling van 0-100km/u. neem 10,3 sekondes. Bogenoemde inligting is verkry na aanleiding van padtoetse wat deur ’n bekende motortydskrif uitgevoer is.