Morsigheid word kenmerk in departemente

Lulu Xingwana, die Minister van Vroue, Kinders en Gestremdes, se Hoofkantoor van die  Departement word in ’n Komiteeverslag beskryf as ’n plek met vuil matte, met te veel muggies en vlieë, en is ’n plek waar sekere toilette nie werk nie.

 

Die Minister en die Departement  is erntig gewaarsku om dringende aandag aan die morsige en uiters haglike omstandighede te gee ter wille van die werksomstandighede van die personeel.

 

Xingwana was voorheen ook gewaarsku oor oorsese reise wat miljoene Rand gekos het wat met fondse wat vir gestremdes bedoel is, betaal is.

 

Politieke waarnemers meen dat die morsigheid reeds ’n kenmerk in Suid-Afrika se Departemente geword het. Te veel openbare geboue onder staats- en munisipale beheer, is deesdae plekke wat mense afskrik.

 

Die geboue is nie net vuil nie, sommige plekke se reuke is ondraaglik, word gesê.