Misdadigers onwelkom in RSA

Genl. Riah Phiyega, die Nasionale Polisiehoof sê misdadigers is nie welkom in Suid-Afrika nie..

”Dit is nie ‘n land vir misdadigers nie,” het Phiyega op ‘n gedenkdiens vir drie polisiebeamptes in Kuilsrivier gesê.

 

Die drie beamptes is verlede maand in skermutselings met misdadigers doodgeskiet.

“Diegene wat nie belangstel om in ons vreedsame, wonderlike land te woon nie, kan die pad vat,” het hy gesê

 

’n Voormalige senior offisier van die Polisiediens, het aan Die Vryburger gesê dat daar ’n redelike algemene mening bestaan onder die burgerlike bevolking,  dat die polisie eers hulle huis in orde moet kry deur ontslae te raak van die misdadigers in uniform alvorens hulle kan praat oor ander misdadigers.