Miljoene Rand se dwelms gevind

’n Koffer vol dwelms is by die Johannesburgse Internasionale Lughawe gevind deur die  Valke. Die dwelms is verlede Donderdag deur polisie en doeane beamptes gevind.

 

Die eienaar van die koffer het egter spoorloos verdwyn.

Na raming is daar sowat R55 miljoen se kristal-metamfetamien, of beter bekend as “tik,” in die koffer gevind. Die massa daarvan is nagenoeg 20 kg.

Die redelike nuwe koffer het skynbaar met ’n vlug vanaf die Emirate, die land ingekom