Mikrogolf Melktert

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Almal soek mos altyd ‘n kortpad! Hierdie resep maak lekker vinnig en is altyd ‘n sukses.

 

Mikrogolf Melktert:

1,5L Melk

1 Blikkie kondensmelk

175ml Vlapoeier

2 Eiers

5ml vanieljegeursel

Tennisbeskuitjies

Kaneelpoeier

 

Plaas tennisbeskuitjies onder in ‘n tertbak.

Voeg die melk en kondensmelk in ‘n 3L mikrogolfbak, verhit saam tot lou.

Neem 250ml van die kondensmelk-melk mengsel, en laat die res van die mengsel kookpunt bereik. Voeg die eiers en vlapoeier by die 250ml melk. Meng goed. Voeg by die kondensmelk-melk mengsel sodra dit kook.

Voeg vaneljegeursel by. Plaas dit terug in die mikrogolf  tot dit weer kook tot dik. Roer kort-kort om klonte te voorkom.

Gooi mengsel oor tennisbeskuitjies sodra dit die mengsel lekker dik is. Mens kan dit ook in lagies pak met die Tennisbeskuitjies.

Strooi kaneelpoeier bo-oor. Laat afkoel en bedien.