Metro’s se stagnasie kan SA se infrastruktuur sink.

Stede en die land kan stagneer as gevolg van die feit dat Suid-Afrika se metro’s  in ‘n doodloopstraat is.

 

Hierdie waarskuwing kom van die Suid-Afrikaanse Stedelike Netwerk (SACN). Daar is ook kommer omdat verbruikers sukkel om vir onbekostigbare dienste te betaal. Munisipaliteite het te min geld om bates in stand te hou en dienslewering se druk neem toe.

 

Die agt metro’s in die land beheer infrastruktuur en geboue ter waarde van R600 miljoen. Sowat 20 miljoen Suid-Afrikaners is afhanklik van hierdie bates. Die rade sal ongeveer vyf keer meer moet belê as die R12,5 miljard wat die nasionale regering in 2012 daarvoor toegestaan het.

 

Oor die volgende vyf jaar sal sowat R373 miljard belê moet word om betekenisvolle ekonomiese groei te verseker, toegang tot dienste te lewer en infrastruktuur in stand te hou.