Meisie skiet maatjie

 ‘n Sesjarige meisie van Warmbad het ‘n maatjie in ‘n fratsongeluk doodgeskiet. Die Rewolwer waarmee haar oupa hulle teen inbrekers wou beskerm het, is deur die kinders in ‘n kas gevind.

 

Die voorval waarin Sibongile Moima dood is, het op ‘n privaat wildreservaat plaasgevind. Die oupa by wie se huis die treurspel plaasgevind het, is so getraumatiseerd dat hy hom Sondagoggend probeer ophang het.

 

Die oupa het sy rewolwer uit die kluis gehaal en aan sy vrou vir selfbeskerming gegee, toe diewe buite die huis was. Nadat hy en veiligheidswagte na die booswigte gesoek het, is die rewolwer in ‘n kas onder klere weggebêre.

 

Dis ‘n raaisel hoe die kinders die rewolwer in die kas gekry het. Boonop het die diewe daardie aand teruggekeer en van die sonpanele op die plaas gesteel.

Die oupa moet in die Warmbad landdroshof verskyn op aanklag van nalatige hantering van ‘n vuurwapen. ‘n Klag van moord sal na die Direkteur van Vervolgings vir beslissing gestuur word.