Mandela vervang Genl. Louis Botha

 

John Gunda, ’n parlementslid  het die versoek gerig dat die regering die standbeeld van genl.. Louis Botha moet verwyder om plek te maak vir ’n nuwe standbeeld van Mandela.

 

Die standbeeld van Genl. Botha is opgerig voor die Parlementsgebou omdat hy die eerste amptelike Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika was.

 

Die versoek kom maande na Thandile Sunduza, die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur, gevra het dat Mandela se standbeeld dié van Genl. Botha moet vervang.

 

 “Agbare speaker, daar is ’n standbeeld voor die parlementsgebou. Om Nelson Mandela te vereer, is dit tyd dat ons dié standbeeld verwyder, dit in die agterplaas sit en Nelson Mandela se standbeeld daar oprig. Hy was die eerste demokraties verkose president van die land. Ons moet ophou om verskonings te maak vir dinge wat ons weet gedoen moet word.”

 

Politieke waarnemers meen dit is net ’n kwessie van tyd voordat Genl. Botha se standbeeld, soos dié van dr. Verwoerd in Bloemfontein, sonder seremonie afgegooi gaan word om plek te maak vir ’n Mandela standbeeld.