Malema se plan met blanke boere

 

“Ons gaan nie die blanke mense seermaak of hul hande afkap nie. Ons gaan met hulle praat en hulle oortuig om hul grond te oorhandig.”

 

Dit is hoe Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), sy weg oopsien om die Grondgryp program momentum te gee.

 

 “Ons gaan die grond wat aan ons behoort, selfs al is dit in woongebiede, sonder vergoeding onteien. In die huidige tempo van grondhervorming gaan ons eers binne 300 jaar ons grond kry en dit is onaanvaarbaar.”

 

Malema het gesê sy party sal volgende jaar aan die verkiesing deelneem.

Waarnemers meen dat Malema ’n redelike mate van steun gaan kry uit die kamp van swart werkloses en ’n deel van die jeug.