Malema bly haaks met Ontvanger

 

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is volgens Julius Malema soos die Bybelse rooi draak. Malema se wrewel teen die Inkomstediens spruit voort uit die lang onderhandelinge en uiteindelike verkoop van sy eiendomme om belasting skuld te probeer vereffen.

 

Malema se vergelyking van Jan Taks met dié simbool van erge boosheid dui daarop dat hy steeds ongelukkig is oor die optrede van die Inkomstediens.

 

Woordvoerders van die Ontvangerskantoor het sekere belangrike feite oor Malema bekend gemaak nadat hy probeer het om die Inkomstediens onder verdenking te plaas.

 

Adrian Lackay, ’n woordvoerder van die SAID het egter sy raad aan Malema oorgedra deur hom te adviseer om eerder die R16 miljoen rekening te vereffen wat uitstaande is.