Mafia leier vasgetrek

Een van Italië se grootste mafia leiers,  Domenico Rancadore is na ’n soektog van meer as twee dekades, deur die Britse polisie in London aangekeer.

Hy het die polisie telkemaal ontduik en het bekend gestaan as die voortvlugtige met die meeste toertjies om onder die polisie se hand te “verdwyn”.

 

Ingevolge ‘n Europese lasbrief wat uitgereik is vir sy inhegtenisname, word die 64 jarige Italianer gesoek om sewe jaar se tronkstraf uit te dien vir sy menigte mafia-gekoppelde bedrywighede.

 

 Die Britse polisie beskou die inhegtenisneming as een van die grootste deurbrake in die afgelope dekade.

Foto- Domenico Rancadore