Lulu lieg vir parlement

‘n Gekook van die boeke en misleiding van die parlement. Dit is van die beskuldigings wat teen die kop van die Minister van Vroue, Kinders en Gestremdes, Lulu Xingwana, geslinger word.

 

In ‘n portefeuljeverslag word genoem dat die Departement in Junie vanjaar ‘n verslag ingedien het wat wys dat slegs 14% van die prestasieteikens behaal is. ‘n Maand later lui dieselfde verslag dat die meeste doelwitte met 68% behaal is.

 

In die eerste verslag word aangedui dat die Europese Unie R788,000 aan die Departement geskenk het, maar ‘n maand later is die bedrag R1,2 miljoen.

 

Xingwana sê dis net ‘n drukfoout gewees.