Loretta Steyn tragies verongeluk

Die welbekende Loretta Steyn (52), ’n natuurfotograaf van formaat, is gister in ’n motorongeluk naby die Augrabies Nasionale Park dood. 

 

Adriaan Vorster se oudste seun, BJ (19), was saam met haar in die voertuig op die N14 tussen Kakamas en Pofadder toe die voertuig van die pad geloop het.

Sy het oor die jare talle toekennings ontvang vir haar grafiese ontwerpe asook vir bladuitleg van publikasies.

 

Sy het bekend geword vir haar treffende foto’s van natuurtonele, diere en voëls.

 

Foto – een van die duisende foto’s wat sy geneem het