Liberië se matrikulante dop almal

Die Libiese Minister van Onderwys het bekend gemaak dat nie ’n enkele matriekleerling daarin kon slaag om die eksamen vir universiteitstoelating suksesvol af te lê nie.

 

Sowat 25,000 matrieks het die toets gedop vir toelating tot die Universiteit van Liberië.

Dié Universiteit is een van twee instellings wat onder staatsbestuur is. Die Woordvoerder van die Universiteit het te kenne gegee dat die matrikulante weinig entoesiasme getoon het, en hulle basiese kennis van Engels, is uiters swak.

 

Pres. Ellen Johnson Sirleaf het intussen bevestig dat die land se onderwysstelsel in chaos is. Baie skole het ‘n tekort aan basiese onderwysers, en talle is hoegenaamd nie goed genoeg opgelei nie.