Leeujag kan struikel.

Die leeujag bedryf in Suid-Afrika sal ‘n knou kry as Amerika ‘n verbod op die invoer van leeutrofeë plaas.

 

Só ‘n verbod word oorweeg nadat vyf nie-winsgewende organisasies versoekskrifte aan die Amerikaanse vis-en-wilddienste vir so ’n verbod opgestel het.

 

Volgens prof. H.O. de Waal van die departement vee-, wild en weidingskunde aan die Universiteit van die Vrystaat en van die Afrika-grootroofdier-navorsingseenheid (Alpru) sal die wet nie leeus in die algemeen op die kontinent bewaar nie.

 

Hy sê dat krimpende habitat die grootste bedreiging vir die leeus inhou en dat die mark vir leeubene in die Ooste steeds sal voortbestaan.

 

Ook adv. Antoinette Ferreira, aanklaer van die Groen Skerpioene wat nie jag goedpraat nie, sê dat "wettige jag verseker dat grond vir leeus beskikbaar gestel word."